Liewe vriende,
’n Wonderlike gesin woon langs ons. Oor die afgelope jaar het hul lewens stadigaan begin uitmekaar val. Die situasie is baie ingewikkeld, maar ek gaan probeer om dit kort hou en vir nou hulle privaatheid ook beskerm.
K---- en M---- het drie van hulle eie kinders, het ’n dogtertjie aangeneem, en sorg ook vir ’n jong mamma en haar klein dogtertjie. Hul middelste kind het gesondheids probleme.
Hul finansiële situasie het só sleg geword dat hulle nie genoeg het om vir hul gesin kos te gee nie en hul kan ook nie meer na die pleegkind en haar mamma om sien nie. Noodgedwonge is mamma en dogtertjienou nie meer by hulle nie. Almal is hartseer oor die verlies van hul pleegsussie en -dogtertjie, en klein M*** mis haar boetie en sussies baie. Die kinders is tans ook nie in die skool nie vanweë uitstaande skoolgeld.
Nou is daar 'n groot moontlikheid dat hulle hul aangenome dogtertjie gaan verloor.
Hierdie meisie het haar ouers verloor toe sy twee jaar oud was, en Kgomotso het haar letterlik van die strate van ons dorpie af ingeneem en probeer om vir haar ’n kans in die lewe te gee.
Ek kan eenvoudig nie net toekyk hoe hulle hierdie kind verloor nie – en ook hoe sy die enigste mamma en gesin wat sy ooit geken het, verloor nie. Ek kan dit nie aanvaar nie.
Ek wil dus ’n beroep op julle doen om my te help om hulle te help. Ek het fondse nodig. Ek het self eenvoudig nie genoeg nie. Ons help met die alledaagse dinge, maar om hulle dogtertjie by hulle te hou, moet ek fondse insamel.
Tweedens, is ons opsoek ’n werk wat aanlyn gedoen kan word. Enige werk. Hulle bly in Harties, maar is ook bereid om te trek vir 'n werksgeleentheid.
Enige ou telefone, tablet, rekenaar. Ons kan stukkendes ook probeer regmaak.
My grootste bekommernis op hierdie oomblik is hierdie kind.
Hulle is hardwerkende mense, entrepreneurs, wat hul besighede verloor het en nou sukkel om werk en/of kontrakte te kry. ’n Groot uitdaging is dat hulle nie meer die toerusting het om hul besigheid weer aan die gang te kry nie – elektrisiteit, internet, sowel as ’n selfoon en ’n rekenaar.
As jy bereid is om te help, stuur asseblief vir my ’n WhatsApp-boodskap na 0845560372 of vul die vorm hieronder in.
Baie dankie dat jy tyd geneem het om hierdie boodskap te lees.
Groete
Leno.
Ek kan help met...
Waarvoor ek die vondse wil gebruik:
- Die oudste kind weer in die skool te kry en haar skoolgeld vir die res van die jaar betaal.
- Elektrisiteit weer gekoppel te kry.
- Kos
- Rekenaar parte, fone

The children attending my daughter's birthday party.